Oond 180 gr C. Maak eers die korse. Klits saam: 60 gr botter, kwart k suiker, 2eiers en 1 t vanillageursel. Voeg by: 2 k bruismeel en knippie sout. Maak aan met hande tot uitrolbare deeg. Druk ronde sirkels, so groot soos ronde koekpan uit en bak op gesmeerde kleinkoekie pan. Koel heeltemal af en maak vulsel: Kook 3 k melk, 1 E botter en halwe k suiker. Meng 2 eiers, 1 E opgehoopte mielieblom en 1 E opgehoopte vlapoeier en knippie sout saam met bietjie melk en roer by melk. Kook deur tot dik en gaar. Smeer vulsel tussen lae en krummel 1 laag bo-oor laaste laag.