Kook 15 medium bete in water met 1 t suiker, 1 t sout, 1 E asyn en 3 E kookolie. Laat afkoel en dop skille af. Sny in stukkies of rasper op growwe kant van rasper. Kook sous: 2 k water, 1 k asyn, 1 en half k suiker en 1 t sout vir 5 minute. Voeg beet by en kook deur. Pak in gesteriliserde bottels. Gooi tot bo met sous. Draai toe en sit etiket op. Die asyn in water help dat beet nie verkleur en die kookolie keer dat beet oorkook, die suiker en sout is vir geur. Jy kan die sous soeter of suurder maak na jou smaak.