Braai 8 hoenderstukke en bietjie olie, [in ysterpot wat in oond kan gaan], tot goudbruin aan alkante. Sprinkel 2 gekapte uie, 2 gekapte soetrissies, 2 wortels, in stukkies gesny, oor hoender. Sprinkel 2 t paprika bo-oor en 1 t sout. Gooi 1 k warm hoenderaftreksel oor. Bedek pot en plaas in voorverhitte oond, 180 gr C, vir 1 uur. Haal uit oond en plaas op medium warm stoofplaat. Roer 1 blik botterbone, dreineer, by en 1 blik mieliepitte, dreineer, opsioneel. Kook deur en bedien met wit rys. As nodig, verdik sous met bietjie Bisto- souspoeier.