Oond 150 gr C. Pak 10 hoenderstukke, gesprinkel met 3 t hoenderspeserye, 2 uie in ringe gesny, 4 gekapte knoffelhuisies, 2 E tamatiesous, 1/2 k heuning, 2 E suurlemoensap, 2 E worcestersous en 250 ml bier in ‘n oondbak. Bedek bak met foelie, dowwekant bo. Bak vir 2 1/2 ure. Haal foelie vir laaste 30 minute af en bak tot sous lekker taai is. Bedien met rys of ‘mash’ aartappels.