Deeg: Voeg saam in mengbak: 450 ml koekmeel, 35 ml suiker, 10 ml bakpoeier en 2 ml sout. Vryf 125 gr sagte margarine in. Maak deeg aan met 3 eiergele en 15 ml koue water. Meng tot sagte hanteerbare deeg. Laat ‘n rukkie eenkant staan. Oond: 180 gr C. Smeer holtes van kolwyntjiepanne. Rol deeg dun uit. Druk groot sirkels uit en voer holtes daarmee uit. Skep ‘n t vol fyn appelkooskonfyr in elke holte en bedek met vlg klapper-mengsel. Klappermengsel: Klits 3 eierwitte styf, voeg 300 ml suiker geleidelik by en ook 1 t vanillageursel.. Klits baie goed. Roer 500 ml fyn klapper by. Skep op konfyt en bak vir 29-25 minute. Laat effe afkoel en haal versigtig uit pan. Plaas op afkoelrakkie.