Deeg: Sif 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier en 2 ml sout. Voeg 30 ml suiker by. Vryf 125 ml margarine in. Klits 3 groot eiergele en 1 E water. Maak deeg aan. Rol deeg dun uit en druk ronde sirkels af, groter as kollewyntjiepan se bakkie. Spuit kollewyntjiepannetjies goed en sit deeg-sirkel in elke holte. Skep 1 t appelkooskonfyt op deeg en skep 1 tafellepel vol van vlg vulsel oor. Klappervulsel: Klits 5 eierwitte styf en voeg 250 ml suiker by en 2 ml sout. Roer 3 k klapper by. Skep oor konfyt in degie. Bak tot goudbruin by 180 gr C. Haal versigtig uit en koel af.