Oond 180 gr C. pak 2 kg hoenderporsies in enkellaag in oondbak. Geur met hoenderspeserye. Meng vlg saam vir sous: 1 k mayonaise, 250 ml pynappelblatjang of enige ander soort], 2 E tamatiesous, 3 t kerriepoeier,medium, 2 E suurlemoensap, 80 ml water en 2 t mielieblom. Gooi oor hoenderporsies. Sit tinfoelie oor en bak vir 1 uur. Haal foelie af en bak verdere 30 minute. Bedien op rys…lekker baie sous.