1 pak gekoopte deeg 400 ml vars room
1 pakkie bruinuiesoppoeier Knoffel (opsioneel)
Gerasperde Kaas
- Smeer ‘n oondvaste bak en maak ronde balletjies van die deeg.
- Pak in bak en laat rys vir 1 uur
- Meng die room, brinuiesop en knoffel
- Gooi die roommengsel oor die geryste balletjies
- Gooi die gerasperde kaas oor en bak by 180ºC vir 40 min (Let wel): Die bruinuiesoppoeier kan vervang word met 1 koppie bruinsuiker en 1 koppie room vir soet broodjies) Baie lekker saam met braaivleis.