Klits saam: 1/2 k sagte marg, 1/2 k suiker, 1 groot eier en 1 t vanillageursel. Roer 1 k bruismeel en 1/4 t sout by. Roer 1 klein blikkie tertappels en halwe k sultanas by. Skep in gesmeerde tertbak. Bak vir 30 minute by 180 gr C. Stroop: Smelt saam: 2 E margarine en 3 E heuning. Steek gaaitjies in gaar tert en gooi stroop bo-oor. Bedien met roomys of styf geklopte room.