Plaas volgende in groot kastrol: 5 wortels, geskil en growwe ringe, 4 selderystingels, grof gesny, 20 piekeluitjies, 2 groen appels, in blokkies, 4 k blomkool blommetjies, halwe k sultanas, 3 gekneusde knoffelhuisies, 4 lourierblare, 600 ml wit asyn, 1 en halwe k suiker, 1 t sout, 2 t swart peperkorrels. Verhit tot suiker opgelos is. Roer stadig sonder om mengsel te laat kook. Verhoog hitte en laat stadig prut tot groente sag is. Omtrent 1 uur lank. Plaas groente in gesteriliseerde bottels en gooi sous oor. Verseel sodra afgekoel.