Stroop; in kastrol: 2 en 1/2 k water, 60 gr botter, 100 ml gouestroop, 1 kaneelstokkie, 1 E suurlemoensap en 1/2 t sout. Kook saggies vir 5 minute. Deeg vir kluitjies; Meng saam in mengbak: 350 ml bruismeel, 1/2 koeksoda, 60 gr sagte botter, 1/2 t sout, 1 eier, 2 E melk en 1 E asyn. Skep lepelsvol van deeg in saggies kokende stroop. Stel hitte op laagste temperatuur. Sit deksel op. Moenie deksel lig na 15 minute nie. Kook tot stroop dik. Bedien met vanilla roomys.