Skep hard gekookte eiers se gele uit, nadat jy eiers afgedop en in lengste deurgesny het. Plaas witte in plat bord. Skep by eiergele die vlg: fyngekapte, gebraaide bacon, 1 E fyn gerasperde kaas of kaassmeer, 1 en halwe E mayonaise. Meng goed deur met vurk. Skep in halwe eierwitte. Sprinkel fyngekapte pietersielie en/of paprika oor. Vulsel is genoeg vir 4-6 eiers.