Marinade: Meng saam: 60 ml kookolie, 50 ml bruinsuiker, 125 ml lemoensap, halwe t fyn gemmer, 1 t mosterdpoeier, 45 ml sojasous. Pak gesnyde lamsrib-stukke in oondbak en gooi marinade oor. Draai paar maal om. Bedek met kleefplastiek en laat vir 2 ure in yskas. Braai stadig oor medium-warm kole tot gaar.