Oond 180 gr C. In Kastrol: 2 k kookwater, halwe k bruin suiker en 1 t fyn gemmer, knippie sout. Kook vir 3 minute en gooi versigtig in diep oondbak. Klits saam: 125 gr sagte margarine, 1 E hoogvol appelkooskonfyt, 2 t asyn, driekwart k suiker en kwart t sout. Los ‘n halwe t koeksoda op in driekwart k melk, Sif saam: 1 k bruismeel en halwe t fyn gemmer. Roer om beurt met melk by nat mengsel. Skep versigtig in warm stroop en bak vir 30 minute tot gaar. Bedien met vla. Vir groter tert, verdubbel bestandele.