Oond 180 gr C. Poeding: Klits saam: 125 ml sagte botter, 125 ml suiker en 3 eiers. Sif: 560 ml koekmeel, 2 t bakpoeier, 1 t fyn gemmer en kwart t sout saam. Voeg by bottermengsel en werk deur met hande tot rolbare deeg. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak en smeer 125 ml appelkoos konfyt oor. Rol op soos rolkoek. Sny deeg in sirkels met ‘n skerp mes. Pak deeg sirkels teen mekaar in oondbak. Maak stroop: Meng saam in kastrol: 375 ml kookwater, 250 ml suiker, halwe t fyn gemmer, kwart t sout, gerasperde skil van 1 lemoen en sap van 1 lemoen. Verhit tot stroop begin kook en gooi dan versigtig oor deeg sirkels. Bak 35-40 minute tot gaar. Bedien met baie dun vla.