Oond 180 gr C. Plaas 12 hoenderboudjies in glas oondbak. Sprinkel liggies met hoenderspesserye Meng volgende vir sous: 500 ml mangosap, 180 ml blatjang, 1 E sonneblomolie, 1 E worcestersous, 1 E heuning of gouestroop, 1 E tamatiesous 1/2 t fyn komyn en 1 t sout. Meng deur en gooi oor boudjies. Laat vir 2 ure staan. Plaas in oond en bak tot gaar en mooi bruin. Draai boujies na 30 minute om. Bedien met baie rys en groente