Oond 200 gr C. Meng saam vir sous: 100 ml appelsap, 15 ml aangemaakte mosterd, 50 ml heuning, 15 ml appelasyn, 1 klein gekapte ui. Pak 6 varktjops in oondpan en sprinkel sout en koljander oor. Gooi sous bo-oor en bak vir 50-60 minute. Draai chops na 35 minute om. Bedien met aartappels en vars groente