Tot Sy eer.
Search

Gebakte Sagopoeding

Oond 180 gr C.     Gooi 4 k melk in groot kastrol en voeg 1 k sago by.  Laat 30 minute staan.   Sit kastrol op medium-hitte oondplaat en voeg 1 k suiker, 1 E rond-vol botter en 1/4 t sout by.  Roer af en toe tot begin prut. Draai plaat op laagste en roer aanhoudend tot sago gaar is.  In beker; 4 eiergele, 1 t vanillageursel, 1 t maizene en 1/4 k melk. Klits deur met draadklitser en roer by sago-mengsel. Laat deur kook en trek van plaat af.   Klits 4 eierwitte tot net styf en vou by sago-mengsel in.  Skep in oondbak en skep t-lepels-vol appelkooskonfyt oral op sago. Bak vir 30-40 minute.  Bedien met dun vla.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos