Oond 180 gr C. Klits 3 groot eierwitte styf en sit eenkant. Klits saam in mengbak; 125 ml suiker, 3 eiergele, 125 ml sagte margarine en 1/2 t lemoen- en 1/2 t suurlemoengeursel. Sif 250 ml bruismeel en 1/4 t sout en roer by eiermengsel. Vou eierwitte in en skep in gesmeerde oondbak. Bak vir 30 minute tot gaar. Gooi vlg sous oor. Sous; 250 ml lemoensap, 4 E suiker, knippie sout en 1/2 t lemoenessens. Kook net deur en gooi oor warm poeding. Bedien met roomys, room of dun vla.