Oond 180 gr C. Skei vier groot eiers, Hou eierwitte eenkant in skoon glasbak. Klits 4 eiergele, 250 ml suiker en 1 t vanillageursel goed saam. Klits 1 E gesmelte margarine by. Sif 250 ml bruismeel en 3 ml sout saam en klits om beurt met 1 liter karringmelk by eiermengsel. Maak klitser skoon en klits eierwitte styf. Vou versigtig by mengsel. Gooi versigtig uit in diep, gesmeerde oonbak, of 2 kleiner bakke. Bak vir 40 minute of tot gestol en goudbruin bo-op. Bedien lou-warm met vanilla roomys. Hierdie kan ook as korslose melktert deurgaan, gebruik dan net 500 ml karringmelk en 500 ml volroom melk i.p.v. net karringmelk.