Oond 180 gr C. Meng saam in mengbak: 3/4 k suiker, 3 E sagte margarine, 1 1/2 k bruismeel, 3 E appelkooskonfyt, 1/2 k melk, 1/2 t koeksoda, 1 t fyn gemmer, 1/4 t sout en 2 E asyn. Skep in diep gesmeerde oonbak. Sprinkel 1/2 k bruinsuiker en 2 k warm water oor deeg. Bak vir 40-50 minute tot gaar. Die poeding vorm n dik sous onder in die bak.