Deeg: In mengbak: 375 ml Bruismeel en knippie sout. Vryf 80 ml sagte botter in meel. Voeg 30 ml suiker by en maak aan met 125 ml melk om sagte deeg te vorm. Rol uit in reghoekige vorm. Rasper 2 groot appels grof en versprei oor deeg. Meng 50 ml suiker en 1 t fyn kaneel en sprinkel oor appel. Rol deeg soos rolkoek. Sny in dik skywe met broodmes. Pak skywe in gesmeerde oondbak. Gooi vlg stroop oor: Meng 1 k kookwater met 1 k suiker, knippie sout en halwe t vanillageursel. Bak 40-60 minute tot goudbruin en gaar. Bedien warm met vla of roomys.