Kook 8 aartappels net gaar. Trek skille af en sny in skywe. Plaas in diep oondbak. Braai 1 groot, gekapte ui in bietjie olie. Voeg by: 1 pakkie hoenderroom-soppoeier, geklits met 500 ml melk by. Roer tot kook en kook deur. Gooi sous oor aartappels en sprinkel 1 k gerasperde kaas bo-oor.