Oond 180 gr C. Meng vlg bestandele en skep in gesmeerde oondbak. 6 aartappels, halfgaar gekook en in skywe/blokkies gesny, halwe k mozzarella-kaas-blokkies, halwe pakkie spek in stukkies geknip, 1 klein ui in dun ringe gesny, sout, aromat en peper na smaak. Jogurtsous; 175 ml plein jogurt, 160 ml volroommelk, 3 eiers, 1 E vars gekapte pietersielie, sout. Klits goed deur en gooi oor aartappels. Bak 30-40 minute. Jy kan ook gerasperde cheddarkaas oorsprinkel voor in oond gaan. Verdubbel bestandele vir groter gesin.