Maak frikkadelle. Meng saam: 800 gr maelvleis, 1 gekapte ui, 2 t droê pietersielie, 3 eiers, 2 t mosterdpoeier, 1 k broodkrummels, 1 gekapte greenpepper, 4 gekapte agurkies, braaivleis-spesserye na smaak. Meng liggies saam. Laat staan vir 10 minute. Vorm frikkadelle en bak goudbruin in bietjie olie. Skep uit. Braai 3 gekapte ui in dieselfde kastrol. Voeg 2 t gekapte knoffel by. Roer 1 k biefaftreksel by. Kook deur. Maak effe dikker met bietjie Bisto poeier. Plaas frikkadelle in uie-sous en kook deur. Bedien op kapok-aartappels.