Kerf ‘n kwart kool in repies en kook in soutwater vir 10 minute en dreineer. Maak frikkadelle van 500 gr maalvleis, 1 eier, 1 k vars broodkrummels, 1 gekapte ui, 1 t sout en 1 t braaivleis spesserye. Hou in yskas. Sous: Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte greenpepper en 1 t fyn knoffel in bietjie olie. Roer 1 blikkie gekapte tamaties by en 2 k Beesvleis aftreksel, gemaak van 2 k kookwater en 2 beefblokkies. Roer 2 t Bisto by sous. Oond 180 gr C. Skep kool onder-in diep oondbak. Plaas rou frikkadelle bo-op en gooi sous oor. Bedek die bak en bak vir 1 uur. Haal deksel af en bak verdere 30 minute. Sit voor met rys of pasta.