Braai 1 groot, gekapte ui in bietjie olie. Voeg 500 gr maer maalvleis by en roer vlg by: halwe t medium kerriepoeier, 1 t fyn koljander, 1 E worcestersous, 2 E chutney en 1 E asyn. roer goed deur. Druk pitte van 2 tamaties uit en sny in stukkies by en voeg ook 1 bief blokkie by. Voeg ook 2 k gemengde groente by. Voeg sout na smaak by. Laat kook vir 15 minute. Moenie water byvoeg nie, roer kort kort deur en kyk vir aanbrand. Sprinkel 2 E koekmeel bo-oor en roer deur, laat kook tot dik. Skep in diep oondbak en plaas vir 2 ure in yskas. Skil 6 groot aartappels en sny in stukke. Kook tot sag en dreineer. Druk fyn en voeg 1 E botter, halwe k melk en halwe t bakpoeier by, ook sout na smaak. Meng goed deur Skep lepelsvol op vleis en maak grofweg gelyk met vurk. Bak in oond, 180 gr C vir 30 minute. Skakel oond af en draai oondrooster aan, stip bo-laag met klontjies botter en bak verder tot goudbruin.