Tot Sy eer.
Search

Familie Herderspastei

Skil en kook 6 aartappels en kook tot sag, dreineer en maak fyn, voeg melk, sout, botter en bietjie bakpoeier by,  soos vir kapokaartappels, hou eenkant warm.

Braai 3 gekapte ui in olie tot sag, voeg 2 gekapte knoffelhuisies by, braai tot goudbruin terwyl jy roer. Voeg 1 kg maalvleis by, breek met vurk op terwyl braai. Roer 2 E koekmeel by, 2 k wortelblokkies, halwe k seldery blokkies en kook deur, voeg dan 4 gekapte, geskilde tamaties, 1 k hoenderaftreksel en 1 t suiker by. Kook vir 1 uur tot gaar en dik souserig. Voeg dan 2 k gevriesde erjies by en kook deur. Sout en peper na smaak.  Skep in diep oondbak en skep aartappels bo-oor vleismengsel, Maak patrone met vurk en skep klontjies botter bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin.  Oond 180 gr C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos