Oond 180 gr C. Voeg saam in ‘n mengbak: 14 k koekmeel, 26 t bakpoeier, 1 t sout en 2 en halwe k suiker. Vryf 500 gr sagte margarine in . Maak deeg aan met kraanwater waarby 1 E asyn bygevoeg is. Maak sagte deeg aan en maak bolletjies. Pak in gesmeerde rolkoekpanne en bak vir 45 minute tot bruin en gaar. Laat afkoel, breek in stukke en droog uit by 100 gr C. Hierdie beskuit is meer krakerig en minder soet as gewone karringmelk beskuit, maar heerlik, geweek in koffie.