Tot Sy eer.
Search

Donker Vrugtekoek

Gooi volgende bestandele in groot kastrol:  1 kg gemengde koekvrugte, 1 pakkie gekapte dadels, 200 gr kersies, 2 t fyn gemmer, 2 t fyn kaneel, 2 t vanillageursel, 2 k suiker, 2 k water, 1/2 t sout, 250 gr margarine.   Roer en kook deur. Laat effens afkoel en roer 2 t koeksoda by, pasop, dit skuim.  Roer 4 geklitste eiers by en dan 4 k bruismeel.   Roer goed deur.  Voer en smeer 2, 23 cm koekpanne. Deel deeg in 2 panne. Bak koek by 160 gr C vir 2 ure. Toets met toetspen. Keer uit op draadrakkie en gooi bietjie brandewyn oor. Laat heeltemal afkoel en draai toe in tinfoelie. Bere in bluk.  Gooi na 2 weke nog bietjie brandewyn of soetwyn oor.  Laat 2 weke staanvoor gebruik. Jy kan ook maketaanstukkies en groenvyestukkies byvoeg.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos