Tot Sy eer.
Search

Dadel Potpoeding

Gooi vlg bestandele in ‘n groot kastrol:   1 L water, 250 ml suiker, 25 ml gouestroop, 20 gr botter, 5 ml vanillageursel en knippie sout.  Bring tot kookpunt, draai plaat op laagste en kook saggies terwyl jy deeg aanmaak.   Smelt 50 ml gouestroop en 20 gr margarine. Roer 5 ml koeksoda by 75 ml melk en roer by stroopmengsel.  Sif saam: 250 ml koekmeel, 2 ml fyn gemmer en 2 ml sout. Roer die 2 mengsels bymekaar en roer 1/2 k gekapte dadels/vrugtekoekmengsel by. Skep lepels-vol deeg in sag-kokende stroop. Sit deksel op en kook 15-20 minute. Moenie deksel oplig nie. Bedien warm met sous en vanilla roomys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos