Maak sous: Alle bestandele in groot kastrol: 400 ml bruinsuiker, 4 k water, knippie sout, 2 E appelkooskonfyt, 2 E margarine, halwe t fyn kaneel. Bring tot kookpunt en draai op laagste hitte. Prut 5 minute. Maak deeg: Sif saam: 2 k bruismeel, 1 t koeksoda, halwe t fyn kaneel, en kwart t sout. Voeg 2 E sagte margarine asook halwe k fyngekapte dadels en 1 k melk. Roer bestandele goed saam tot slapperige deeg. Skep lepels-vol in kokende stroop, Sit deksel van kastrol op en prut verder vir 15-20 minute tot gaar. Moenie deksel lig nie. Bedien met vla of roomys.