Tot Sy eer.
Search

Dadel-Lemoen Broodjie

Oond 180 gr C.    In glasbak: 250 ml gekapte dadels, 2 ml koeksoda, 125 ml kookwater, 125 ml lemoensap en 15 ml gerasperde lemoenskil.    In mengbak: 500 ml bruismeel, 3 ml sout, 175 ml bruinsuiker. Roer dadelmengsel by meelmengsel en roer nog 1 geklitste eier, 3 ml lemoen essens en 50 ml gesmelte botter by.  Skep deeg in gevoerde gesmeerde medium broodpan.  Bak vir 40-50 minute tot gaar.  Laat 10 min in pan afkoel en keer uit op draadrakkie.    Baie geurig as jy dit eers vlg dag bedien.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos