Oond 180 gr C. Gooi 1 k gekapte dadel in ‘n bak. strooi 1 t koeksoda oor en 1 k kookwater. Laat stgaan. Klits saam: 75 gr sagte margarine, 150 ml bruinsuiker en 3 eiers. Sif saam; 400 ml bruismeel, knippie sout, en 1 t fyn gemmer. Meng by eier-bottermengsel in, Voeg ook 3 stukke gekapte gemmer by. As te droog, roer bietjie melk by. Skep in gevoerde, gesmeerde broodpan. Bak vir 50 minute tot gaar.