Oond 180 gr C.
Plaas in groot kastrol op stoof: 1 en 1/2 k suiker, 125 gr margarine en 30 ml stroop. Smelt op medium hitte, roer met houtlepel.
Haal van stoof af en roer 5 ml koeksoda by. Roer goed tot klaar geskuim en voeg 1 E asyn by.
Roer by: 500 ml rou hawermout, 500 ml klapper, 1 k koekmeel en 1 geklitste eier.
Skep in gesmeerde bakpan [soos ‘n rollpan] en druk egalig vas.
Bak vir 25-30 minute. Sny in blokke in pan, terwyl nog warm. Sodra afgekoel, haal blokkie vir bvlokkie uit met eierspaan. Bêre in lugdigte houer.