Tot Sy eer.
Search

Butter chicken/ Botterhoender

Speserymengsel

1/4 tel van elk cayennepeper, fyn koljander, fyn kardemom, vinkelsaad
1/2 tel van elk komynsaad, swartpeper, sout, fyn kaneel
knippie fyn naeltjies
1 tel kerriepoeier (van jou keuse)
2 tel paprika
2 eetl Xilitol of 3 eetl suiker

1  tot 1.2 kg hoender. Lekkerder as jy self ontbeen anders hoenderfilette
2 eetl Klapperolie vir braai
1 Blik tamaties (400g) (hou blikke vir maters)
1 blik water
1 eetl gerasperde gemmer (vries gemmer met skil en al en haal uit soos nodig)
1 eetl knoffel (fyn gemaak)
1/2 blik klapperroom of 3/4 koppie vars room
Garnering (opsioneel)
1/2 Kop dubbelroomjogurt of creme fraiche
Grof gekapte koljanderblare (coriander)
Meng speserymengesel goed.
Verbruin die hoender in klapperolie en verwyder uit pot
Gebruik selfde kastrol en voeg speserymengsel in pot. Braai vir 1 minuut
Voeg nou tamaties, gemmer, knoffel en klapperroom of room by en 1 blik water
Prut vir 10 min oor lae hitte e sit hoender terug in kerrie en kook nog 5 min
Garnering van jogurt en koljanderblare kan in die bord bo-op geskep word.
Wit rys as bykos.
Of rooties of pita brood

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos