Oond 180 gr C. Meng alles saam in mengbak: 1 groot eetlepel sagte margarine, 1 k appelkooskonfyt, 1/4 t sout, 300 ml bruismeel, 1 t koeksoda, 2 t asyn, 1 t fyn gemmer [opsioneel]. As deeg te styf is, gooi bietjie water by. [Deeg moet soos dadelbroodjie se beslag wees] Skep deeg in diep oondbak. Strooi 1 koppie bruinsuiker oor en gooi 3 k kookwater, versigtig oor deeg en suiker.. Bak vir 30-40 minute. Bedien met vla.