Kook 4 k melk en roer 2 k broodkrummels in. Laat eenkant staan vir 10 minute. Oond 180 gr C. Klits saam: 2 eiers, 1/2 k suiker, 1/2 k gesmelte botter, 1 t vanillageursel en knippie sout. Roer by melk en broodkrummels. Roer 1/4 k korente/sultanas by. Skep in gesmeerde oonbak. Bak vir 40-45 minute tot goudbruin. Bedien met skeppie appelkooskonfyt en room.