Marinade: 2 t gedroogde brandrissievlokkies, 1 t sout, half k sterk blatjang, 1 gekapte knoffelhuisie, 2 t mosterdsous, 1 E karringmelk en 1 E heuning. Meng saam en gooi oor 12 hoenderboudjies in glasbak. Laat staan vir 30 minute en plaas in oondbak. Bak by 180 gr C vir 1 uur tot gaar en bruin. Bedien met gebakte aartappels en slaai.