Braai 1 lamsboud bruin in bietjie olie, in ‘n swaarboompot/ysterpot. Sny 4 groot uie in ringe en pak bo-op boud en sprinkel met sout. Meng 1/2 bottel chutney, 500 ml vleisaftrelsel, en 1 blikkie coke. Sit pot se deksel op. Plaas in oond, 170 gr C vir 3 ure. Na 2 ure kan jy aartappels en wortels, kleiner gesny, en paar takkies roosmaryn byvoeg.