Braai 1 ui, gekap, in bietjie olie. Voeg 400 gr maalvleis by. Braai tot vleis nie meer pienk is. Voeg 1 t medium sterk kerriepoeier en 1 t borriepoeier by. Roer 1 E appelkooskonfyt en halwe t sout by. Prut vir 5 minute. Roer 1 k broodkrummels en halwe k sultanas by. Kook deur. vleis moenie waterig wees nie. Skep in oondbak. Klits 1 eier en 1/2 k melk en knippie sout saam. Gooi oor bobotie mengsel. Sit 3 suurlemoen/loerierblare bo-op. Bak tot eier gestol en goudbruin is, 50-60 minute by 180 gr C. Bedien met rys en soet patat of pampoen.