Sif saam in mengbak: 1 k bruismeel, 3 t vlapoeier en 1 t sout. Meng 1 k bier en 1 E kookolie saam en roer by droë bestandele. Laat staan vir 5 minute en doop vars, gegeurde vis stukke in beslag. Bak in diep olie tot gaar. As jy nie bier kan gebruik nie, is melk ook reg.