Tot Sy eer.
Search

Basiese Kleinkoekies

Oond 180 gr C.  Klits saam: 250 gr sagte margarine, 125 ml wit suiker, 125 ml ligbruin suiker, 1 eier en 1 t vanilla. Sif 2 k bruismeel, 1 t koeksoda en 2 ml sout. Meng 2 mengsels met mekaar tot sagte deeg. Rol bolletjies of druk koekies uit na jy dit uitgerol het. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 20 minute tot gaar.     Vir grondbone koekies, vervang helfte van margarine met peanutbotter.   Vlakoekies: gebruik 400 ml bruismeel en 200 ml vlapoeier. Klapperkoekies: voeg 250 ml klapper by en as te styf 1 -2 E water.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos