Oond: 180 gr C. Klits saam: 60 gr sagte botter, 125 ml suiker, 1 groot eier en 3 t fyn appelkooskonfyt. Sif saam: 250 ml bruismeel, 1/2 t koeksoda en 2 ml sout. Roer by eiermengsel en roer 250 ml melk by, Roer laaste 30 ml asyn by. Skep mengsel in diep glasbak en bak vir 30-40 minute tot gaar. Gooi vlg sous oor: Meng in kastrol: 80 ml suiker, 80 ml melk, 60 ml water, 45 ml botter, 5 ml vanillageursel en knippie sout. Laat prut vir 5 minute en giet oor warm poeding. Eet met vla of roomys.