Oond 180 gr C. Los 1 t koeksoda op in 180 ml warm melk. Klits 1 eier en 125 ml suiker goed saam. Sif 250 ml bruismeel en kwart t sout saam. Roer meel om beurt met melk by eiermengsel. Roer 1 E appelkooskonfyt en 1 E asyn by. Skep in diep gesmeerde oondbak en bak vir 35 minute tot gaar. Maak intussen die sous: Kook saam: 250 ml suiker, 125 ml water, 250 ml room en 2 T margarine. Haal van stoof af en roer 5 ml rum geursel by. Jy kan ook vanilla of caramel geursel gebruik. Gooi sous oor gaar poeding sodra uit oond kom. Bedien met vla of roomys.