Kors; Klits saam; 120 gr sagte margarine, 125 ml suiker, 1 eier en 1/2 t vanillageursel. Sif saam; 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier en 1/4 t sout. Roer by eiermengsel en maak deeg met hande aan. Knyp een derde van deeg af en plaas in plastieksak in vrieskas. Plaas ander deeg ook in plastieksakkie en plaas vir 20 minute in yskas. Oond: 180 gr C. Druk deeg in yskas in gesmeerde tertbak, ook langs die kante van bak. Meng saam vir vulsel; 1 klein blikkie tertappels, 2 E sultanas, 6 E bruinsuiker, 1/2 t fyn kaneel en 1/4 t sout. Skep in kors. Rasper deeg in vrieskas, bo-oor vulsel. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Bedien met geklopte room of roomys.