Oond 180 gr C. Skil en sny 5 appels in stukkies. Sprinkel bietjie suurlemoensap en fyn kaneel oor. Meng saam: 2 k bruismeel, knippie sout, 1 eier en 125 ml gesmelte margarine. Gooi oor appels en roer liggies deur met vurk. Sprinkel liggies met kaneelsuiker indien verkies. Bak vir 35-40 minute tot goudbruin. Bedien met room, roomys of dun vla.