Skep 1 blik tertappels [410 gr] in diep, gesmeerde oondbak. Meng vlg bestandele: 1 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 1 k suiker, 4 E sagte botter, 1/4 t sout, 3 eiers, 65 ml melk en 1 t vanillageursel. Gooi deeg oor appels. Bak vir 30 minute tot gaar by 180 gr C. Sous: Gooi in kastrol: 1 blik Idealmelk, 125 ml bruinsuiker en 1 t vanilla/karamelgeursel. Kook deur. As tert gaar is, steek met vurk gaatjies in en gooi warm sous oor. Bedien lou-warm met roomys of geklopte room.