Kook saam: 6 geskilde appels, in stukkies gesny, 50 ml bruinsuiker, knippie sout, 1 k water en 2 E sultanas. So 10 minute lank. Skep in tertbak. Meng saam: 500 ml fyner gedrukte graanvlokkies, 50 ml bruinsuiker, 1/2 k klapper, 1/2 k rou hawermout. Vryf 80 ml margarine grof-weg in. Sprinkel oor appels. Stip met klontjies margarine. Bak 30-40 minute tot goudbruin. Eet met dun vla of roomys.