Oond 180 gr C. Klits saam in mengbak; 1 k bruismeel, 1/2 k suiker, 1/2 t koeksoda, 1 E appelkooskonfyt, 1 eier, 1/2 k melk, 2 t asyn, 1 E rondvol sagte margarine en knippie sout. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute tot gaar. Kook intussen sous; 1 k room, 1 k melk 1 t vanilla essens, 1/2 k suiker en knippie sout. Gooi versigtig oor gaar poeding en bedien met vla of roomys.